Sentrum Logo

 

tuisblad > home >

Afrikaans Noveengebed om die Voorspraak van St Luigi Scrosoppi

Salig is die mens wat na die behoeftiges omsien...Ps. 41.

Die Here laat reg aan verdruktes geskied
En gee aan hongeres brood.
Die Here maak gevangenes vry.
Die Here laat blindes sien.
Die Here rig bedruktes op.
Die Here het regverdiges lief.

Die Here neem vreemdes in sy beskerming
En staan weduwees en weeskinders by,
Maar die pad van sondaars versper Hy.

Bid elke dag vir nege opeenvolgende dae die Heilige Rosekrans en volg dit op met dié gebed om die voorspraak van St. Luigi Scrosoppi:

O genadige Vader,
deur die bemiddeling
van die Here Jesus Christus
steun U die mensdom
met die gawe van u Gees.

Ons dank U vir u kragtige liefde
wat U in St. Luigi Scrosoppi openbaar het.
Deur hom het U vir ons
die lig van heilige priesterskap laat skyn,
die wonder van ‘n lewe aan U toegewy,
‘n lewe geheel en al oorgegee aan die versorging
van die behoeftiges en siekes.

Met vertroue vra ons U
dat u Kerk deur die heiligheid van u bedienaars
‘n lig sal wees,
en dat daar ‘n toeloop sal wees van mense
wat in die priesterlike en religieuse roeping
hul begeerte sal kan uitleef
om U in die geringstes onder die mense diensbaar te wees.

St. Luigi, Vader van die Behoeftiges, bid vir ons
St. Luigi, Beskermer van die Geringes, bid vir ons
St. Luigi, Behoeder van die Kleintjies, bid vir ons

Heilige Luigi ek vra om u voorspraak vir  (noem hier u spesifieke behoefte).
Mag u gebede my bystaan om dit wat ek benodig te verkry.
Bo alles bid ek egter dat u gebede my sal help om op God te vertrou en myself in sy Wil te berus.

Ek maak my gebed deur Christus, my Here,
Hy wat saam met die Vader en die Gees leef en regeer,
één God, vir ewig en altyd. Amen.

 

 

St. Luigi Scrosoppi
4 Augustus 1804
- 03 April 1884

St. Luigi geskilder deur 'n plaaslike kunstenaar asof hy met die plaaslike kinders omgaan - kliek om te vergroot

back/terug/torna su