Sentrum Logo

 

tuisblad > home >

Afrikaans1629
Die eerste Oratoriane kom in Udine aan.

1658
Oprigting van die Kongregasie van die Oratorium in Udine.

1804
Luigi Scrosoppi word op 4 Augustus in Udine gebore.

1806
Luigi se ouer halfbroer, Carlo, tree in by die Oratorium.

1813-1817
Jare van hongersnood in Friuli (die provinsie waarvan Udine die hoofstad is).

1819
Luigi Scrosoppi begin sy seminarie opleiding.

1822
Carlo neem die klein weeshuis bekend as die ‘Casa delle Derelitte’ (Huis vir die Behoeftiges) oor. Luigi staan hom by.

1827
Luigi word priester gewy. Hy vier sy eerste Heilige Mis in die kerk van San Maddalena, waar sy broer Carlo as priester werksaam is.

1829
Luigi vervang sy broer aan die stuur van die ‘Casa delle Derelitte’. Hy begin op sy rondtes deur Udine en die omliggende platteland om aalmoese vir die weesmeisies in te samel. Hy besluit om sy lewe aan die versorging van dié behoeftige jongmense te wy.

1835/36
Danksy geldelike skenkings kan die ‘Huis vir die Behoeftiges’ vergroot en uitgebrei word.

1836
‘n Groot cholera epidemie breek uit en die getalle weesmeisies groei.

1837
‘n Aantal jongvroue sluit by Luigi aan en verbind hulleself om die weesmeisies te versorg en op te voed.

1844
Carlo en Luigi koop ‘n huis op die platteland by Orzano.

1845
Vr. Luigi stig ‘n gemeenskap met 11 vroue wat as die Susters van Voorsienigheid bekend staan. Hulle ontvang die nodige goedkeuring van die bisdom om voort te gaan met hul apostolaat. Luigi maak dit duidelik dat hy nie die owerste of leier van die Susters is nie, maar hul dienaar. Sr. Lucia Giorgio word op 25 Desember tot eerste owerste verkies.

1846
Vr. Luigi tree in by die Kongregasie van die Oratorium.

1848
Diep onder die indruk van die lewe van egte naasteliefde wat Vr. Luigi en sy Susters lei, word ‘n prominente plaaslike dokter, Zambelli, ‘n belangrike weldoener van die nuwe stigting.In Maart breek daar ‘n grootskaalse opstand teen die Oostenrykse besetters van Italië uit. Udine loop deur onder die bomme en die Susters verpleeg al die gewondes.

1853
Die Susters begin ‘n klein basisskool vir meisies in die omgewing van Orzano. Vr. Luigi was baie lief om soontoe te gaan.

1854
Vr. Carlo sterf en Vr. Luigi neem al sy broer se take oor, veral die bestuur van die ‘Huise van Voorsienigheid’ vir werklose jong weesmeisies.

1855
Vr. Luigi en sy broer Giovanni Battista (wat intussen ook priester geword het) verkoop hul ouerhuis en gebruik die geld om die ‘Casa delle Derelitti’ te renoveer. Weereens breek daar cholera uit in Udine en twee Susters en ‘n aantal weesmeisies sterf.

1856
Vr. Luigi word tot provoos (owerste) van die Oratorium verkies en aangestel as rektor van die Magdalenakerk.

1862
Pouslike goedkeuring vir Kongregasie van die Susters van Voorsienigheid word bekom.

1866
Die Italiaanse regering dwing die Kongregasie van die Oratorium in Udine om te sluit. Hierdie was ‘n uiters moeilike tydperk in die lewe van Luigi Scrosoppi – tog sou hy in sy hart altyd ‘n seun van St. Filip Neri bly.

1877
Vr. Luigi is medestigter van die Katolieke dagblad ‘Il Cittadino Italiano’.

1884
Ná ‘n moeilike siekbed sterf Vr. Luigi op die 3de April. Sy afskeidwoorde groete aan sy Susters was: ‘Tot ons mekaar in die paradys weer sien’. Hy word in sy geliefde Orzano begrawe. In dieselfde jaar word die eerste wonderwerk aangemeld wat aan sy voorspraak toegeskryf is.

1891
Die Konstitusies van die Susters van Voorsienigheid word deur die pous goedgekeur.

1952
Vr. Luigi se stoflike oorskot word oorgebring na die Moederhuis van die Susters van Voorsienigheid in Udine.

1981
Luigi Scrosppi word salig verklaar.

1996
Op 10 Oktober word ‘n jong Zambiër, Peter Chungu Shitima, van ‘n dodelike VIGS-verwante siekte genees. Chungu Shitima is ‘n student in die proto-Oratorium van St. Filip Neri in Oudtshoorn. Dié medies-onverklaarbare genesing geskied op die voorspraak van die Salige Luigi Scrosoppi. Dit was die finale wonderwerk wat nodig was vir die afhandeling van die heiligverklaring-proses.

2001
Op 10 Junie verklaar pous Johannes Paulus II op die St. Pietersplein vir Luigi Scrosoppi tot ‘n Heilige van die Kerk. Die Kongregasie van die Susters van Voorsienigheid tel meer as 800 lede wêreldwyd.

2005
Op 24 Februarie kom vier Susters van Voorsienigheid in Oudtshoorn aan om ‘n nuwe huis te begin.


 

St. Luigi Scrosoppi
4 Augustus 1804
- 03 April 1884

St. Luigi geskilder deur 'n plaaslike kunstenaar in Oudtshoorn - geplaas tussen die township kinders / Kliek om te vergroot

St. Luigi se eerste Heilige Mis (1827) - kliek om te vergroot

St. Luigi met weesmeisies van die Huis vir Behoeftiges - kliek om te vergroot

Oostenryk bombardeer Udine - St. Luigi en die susters help die gewondes - kliek om te vergroot

St. Luigi en die susters verleen hulp tydens die cholera epidemie - kliek om te vergroot

Die eerste groep susters lê hulle plegtigegeloftes af - kliek om te vergroot

Die susters en St. Luigi arriveer in Cormons om 'n skool vir weesmeisies te open - kliek om te vergroot

St. Luigi word as gevolg van valse aantuigings gearresteer - kliek om te vergroot

St. Luigi op sy sterfbed - kliek om te vergroot

back/terug/torna su