Sentrum Logo

 

tuisblad > home >

Afrikaans Hierdie merkwaardige Oratoriaanse priester het tydens die 19de eeu 'n groot impak op die stad Udine in die noorde van Italië gehad. Hy het St. Filip se retoriese vraag van: "Wel my broers, wanneer gaan ons begin om goeie dinge te doen?", letterlik toegepas. Die sosiale en politieke omwenteling wat Italië in die 19de eeu ondergaan het, asook die oorloë en gepaardgaande hongersnood wat die gebied geteister het, het 'n samelewing van behoeftige mense laat ontstaan. Vr. Luigi het 'n Huis vir Haweloses opgerig waar hy 'n tuiste geskep het waar jong armlastige meisies die geleentheid gegee is om hulself geestelik en maatskaplik te verbeter. Uit die vroue wat hom in hierdie projek bygestaan sou die Kongregasie van die Susters van Voorsienigheid groei. St. Luigi het net soos St. Filip 'n onwrikbare vertroue in God se Voorsienigheid gehad. Hy is 1804 gebore en sterf in 1884. In die jaar 2000 is Luigi Scrosoppi deur pous Johannes Paulus II tot heilige verklaar. Sy voorbeeld en voorspraak dien as model en bystand vir ons in Oudtshoorn.

* Ons beoog om binnekort 'n uitgebreide lewensoorsig beskikbaar te kan stel.

 

St. Luigi Scrosoppi
4 Augustus 1804
- 03 April 1884

St. Luigi geskilder deur 'n plaaslike kunstenaar asof hy met die plaaslike kinders omgaan - kliek om te vergroot

back/terug/torna su