Sentrum Logo

Tuisblad/Homepagea Englisha Italianoa Nederlands & Vlaamsa Afrikaans

 

wie ons is

 

Kliek hier'n Geregistreerde Openbare Weldaadsorganisasie

Registrasie as 'n Openbare Weldaadsorganisasie ('n spesifieke NRO kategorie) by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verseker nie net dat ons 'n broodnodige belastingvergunning geniet nie, maar ook dat deursigtigheid ten opsigte van ons finansies altyd teenwoordig is en sodoende kan ons ons weldoeners en befondsers gerus wees dat hulle bydraes optimaal aangewend word.

Kliek hier'n Vennootskap

Die Scrosoppi Sorgsentrum is 'n vennootskap tussen die Kongregasie van die Oratorium van St. Filip Neri in Oudtshoorn en die Kongregasie van die Susters van Voorsienigheid in Oudtshoorn, met direkte en aktiewe samewerking van die plaaslike gemeenskap wie voordeel uit die werksaamhede en dienste van die venootskap trek.