Sentrum Logo

Tuisblad/Homepagea Englisha Italianoa Nederlands & Vlaamsa Afrikaans

Waar ons is en Wat ons doen

'n Geregistreerde Openbare Weldaadsorganisasie

Addisionele Inligting

 

Kliek hier Waar ons is

Kliek hier Wat ons doen

 

 

 

Die Scrosoppi Sorgsentrum is ‘n multifase-projek om sekere dringende behoeftes in ons plaaslike gemeenskap aan te spreek. Dit bied ‘n veilige plek aan waar voorheen benadeelde kinders en jeug kan kom speel, leer, en op heilsame wyse gevoed en gesondheidsorg kan ontvang.

By die Scrosoppi Sorgsentrum wil ons graag ‘n veilige heenkome aan kinders bied, waar hulle kan kom leer dat skoonheid en goedheid die dikwels harde realiteite van hul daaglikse lewens kan verbeter. Hier kom die kind eerste - die kind leer om sy talente te ontdek, vaardighede aan te leer, sy sterk punte te identifiseer en hoe om sy swakhede te hanteer. ‘n Scrosoppi Kind is iemand met self-dissipline en goeie maniere; hy is opgevoed en skeppend, vol hoop en met dié innerlike gemoedsrus wat uit ‘n verhouding tot sy Skepper kom.

Die sentrum se enigste doel en beleidsriging kan as volg opgesom word: Om kinders en jeugdiges se lewensvaardighede te vergroot en hulle te bemagtig om gelukkige en produktiewe volwassenes te word. Alle besluite wat by die Sentrum geneem word neem die welsyn van die kinders en die gemeenskap waarin hulle woon in ag.

Registrasie as 'n Openbare Weldaadsorganisasie ('n spesifieke NRO kategorie) by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verseker nie net dat ons 'n broodnodige belastingvergunning geniet nie, maar ook dat deursigtigheid ten opsigte van ons finansies altyd teenwoordig is en sodoende kan ons ons weldoeners en befondsers gerus wees dat hulle bydraes optimaal aangewend word. Ons ouditeure is Mnre. Acker & Maloney, Geoktrooieerde Rekenmeesters, Kerkstraat, Oudtshoorn en ons finansiële state is beskikbaar vir inspeksie by ons kantoor in Oudtshoorn.

Kliek om te vergroot - registrasie sertifikaatKliek om te vergroot - registrasie sertifikaatKliek om te vergroot - registrasie sertifikaat

Click here'n Vennootskap

 

Click hereDie Scrosoppi Sorgsentrum op You Tube TM

Click hereManiere om ons te help

Click hereKontak ons vir verdere inligting ten opsigte van vrywilligerswerk by die Scrosoppi Sentrum